Franse toeriste in Kavango-Wes beroof

Die Namibiese omgewingsministerie het die voorval veroordeel waar Franse toeriste by die Taranga Safari Lodge in die Kavango-Wes-streek beroof is. Die woordvoerder van die ministerie, Romeo Muyunda, sê dit was die eerste rooftogvoorval ooit by die lodge, waar die Franse toeriste kampeer het. Hy het die polisie geloof vir hul flinke optrede om die toeriste te help. Die ministerie doen ’n beroep op eienaars van akkommodasie-geriewe om hul persele te beveilig.