Franse Katolieke Kerk se priesters mishandel meer as 215 000 kinders

‘n Ondersoek waarvoor die Franse Katolieke Kerk opdrag gegee het, het onthul Katolieke priesters het sedert 1950 meer as 215 000 kinders in die land mishandel. Die hoof van die paneel wat hierdie mishandeling ondersoek, Jean-Marc Sauvé, sê die syfer kan tot 330 000 styg as mishandeling deur leke-lede van die kerk ingesluit word. Die ondersoek is in 2018 van stapel gestuur en het deur howe, die polisie en kerkrekords gewerk om ‘n verslag van byna 2 500 bladsye saam te stel. Hulle het met tallose slagoffers gepraat wat meestal seuns uit ‘n verskeidenheid agtergronde was.