Franse burgemeester eis deposito van bergklimmers vir Mont Blanc

‘n Franse burgemeester wil bergklimmers ‘n deposito van meer as 250 000 Namibiese dollar vra om Mont Blanc uit te klim, aangesien die toestande op die oomblik so gevaarlik is. Jean-Marc Peillex is die eerste burger van Saint-Gervais aan die voet van die hoogste berg in Wes-Europa. Rotsstortings het tydens die warm somer toegeneem en hy sê mense wat waarskuwings ignoreer, speel Russiese roulette met hul lewens. Hy sê die deposito sal gebruik word vir moontlike reddings- en begrafnis-uitgawes omdat dit nie regverdig is om van Franse belastingbetalers te verwag om die koste te dek nie.