Four Paws is teleurgesteld in COP27, voedselstelsels nie aangespreek nie

Four Paws sê dis teleurstellend dat regerings wêreldwyd tydens COP27 nie aandag gesken het aan die ooglopende probleem van die verband tussen onvolhoubare voedselkettings en die omgewing nie. COP27 het wel die belangrike besluit geneem om ‘n verlies- en skade-fonds in die lewe te roep, wat finansiële steun sal bied aan lande in die Suidelike Halfrond, was buite verhouding deur klimaatsrampe geraak word. Four Paws se woordvoerder, Elize Parker, sê regerings moet voedselstelsels ‘n prioriteit maak om aan wêreld-klimaatsteikens te voldoen.