Foster maak aanpassings aan All Blacks-span vir Saterdag

Die Nieu-Seelandse afrigter, Ian Foster, het verskeie veranderings aangebring aan die span wat Australië Saterdag in Dunedin aandurf. Drie nuwelinge sal vir die eerste keer in die swart trui speel, met Shaun Stevenson en Samipeni Finau in die beginspan, en Dallas McLeod op die bank. Die ander veranderings is die terugkeer van kaptein Sam Cane, met Tamaiti Williams wat sy eerste kans as loskopstut kry, langs Samisoni Tau’keiaho en Nepo Laulala. Foster sal Maandag sy groep van 33 vir die Wêreldbeker-toernooi aanwys.