Fosfaat: Arbeidskenner sê ook Brown is verkeerd

Die Namibiese arbeidskenner, Herbert Jauch, het sy stem bygevoeg in die gesprek oor die ontginning van mariene fosfaat. Volgens Jauch, is aanmerkings deur die bekende ekoloog dr. Chris Brown, wat meen die bedryf sal meer werk skep as visserye, verkeerd. Jauch sê die bedryf sal net ‘n klein hoeveelheid werk skep met uiters hoë risiko vir die plaaslike visbedryf. Hy verduidelik.