Formele proses begin om petrolprys te de-reguleer

Die formele proses het begin om die prys van petrol in Suid-Afrika te de-reguleer. Dit volg nadat die minister van energie, Gwede Mantashe, ‘n kort verklaring in die Staatskoerant gepubliseer het waarin kommentaar gevra word op sy plan om ‘n maksimum prys-perk vir 93-oktaan petrol vas te stel. Dit sal kleinhandelaars toelaat om petrol teen afslagpryse te verkoop en bondels of volume-afslag te bied, wat tans onwettig is. Die publikasie laat ‘n tydperk van 30 dae toe vir openbare kommentaar voor die proses kan voortgaan.