Fopnuus kniehalter Omaheke-inentings

Die goewerneur van die Omaheke-streek Pijoo Nganate sê die trae inentingskoers in sy streek word aangedryf deur fopnuus. Die streek het gebuk gegaan tydens die derde vlaag met amper 300 sterfgevalle. Omaheke se sterftesyfer, 7,2 persent, is ook drie keer hoër as die nasionale gemiddelde. Nganate sê tydens hulle veldtog waar hulle fisies plase besoek het, het hulle gehoor dat die gemeenskap glo dat jy sal twee jaar na jy die entstof geneem het, sterf. Tot op hede is 16 800 persone in die streek ingeënt. Die goewerneur sê hulle teiken net meer as 51 000 teen Maart volgende jaar. Die gesondheidsminister dr. Kalumbi Shangula het ook in Augustus melding gemaak van fopnuus en ivermektien-gebruik in die streek wat verband hou met hoë Covid-gevalle…