FNB staan slagoffers van onluste by

FNB erken die aansienlike impak wat die onlangse onrus en plundery in Suid-Afrika op individue, besighede en ekonomieë van KwaZulu-Natal en Gauteng gehad het. Dit kom tydens ‘n moeilike tyd wat Suid-Afrika ook die ekonomiese impak van die Covid-pandemie voel. Die uitvoerende hoof van FNB, Jacques Celliers, sê FNB gaan sy kliënte help en skenkings op grondvlak gee. Hy verduidelik.