FNB SA sê rentekoersstyging sal impak op verbruikers hê

FNB in die buurland het gereageer op die Reserwebank se aangekondiging dat die terugkoopkoers styg met 25 basispunte tot vier persent. Dit sal handelsbanke se prima-uitleenkoers tot 7,5 persent verhoog. Die president van die bank, Lesetja Kganyago, sê verbruikersinflasie het vir die jaar tot Desember 5,9 persent beloop, wat die grootste verhoging in byna vyf jaar was. Hy waarsku die risiko’s dui op ‘n verdere verhoging in die inflasiekoers. Mfundo Mabaso van FNB Suid-Afrika sê die styging sal ‘n impak op verbruikers hê.