Fluitjieblasers moet in Namibië beskerm word

Die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing en die Namibiese Instituut vir Demokrasie sal in samewerking met die Platform to Protect Whistleblowers in Africa ‘n opleidingskursus op 9 Augustus aanbied. Hierdie werkswinkel sal opleiding aanbied oor fluitjieblaser-beskerming in Namibië, van die wetlike en institusionele raamwerke tot die media-raamwerk, en die rol daarvan in die versekering van beskerming. Fluitjieblasers moet beskerm word teen onder meer vergelding en beroeps-benadeling, sê die Namibiese Instituut vir Demokrasie se projekkoördineerder, Ndilimeke Auala, aan Kosmos 94.1 Nuus.