Fluitjieblasers in SA geloof, Nam wag nog op wetgewing

Namibië se fluitjiebaser-wetgewing is steeds nie in plek nie en die vertragings wat deur die inperkings veroorsaak is, beteken dat die Nasionale Vergadering nog nie die dokument bespreek het nie. Intussen het die hoof van Corruption Watch in Suid-Afrika, Melusi Ncala aangekondig dat 5 000 fluitjieblasers gevalle van korrupsie in plaaslike regering by die organisasie aangemeld het, sedert dit in 2012 tot stand gekom het tot einde verlede jaar. Hy sê hulle loof die dapper fluitjieblasers wat besluit het om die selfsugtige en korrupte optrede bloot te lê van mense aan wie munisipale pligte toevertrou is: