Florin uitspraak vandag verwag

Die 55-jarige voormalige sjef, Thomas Florin, na wie destyds as die slagter van Swakopmund verwys is, se uitspraak om vrylating sal na verwagting vanoggend om tien-uur deur hoërhof regter Shafimana Ueitele gelewer word. Florin is in Desember 1999 skuldig bevind aan die moord van sy vrou Monica in Junie 1998. Die moord het groot opslae gemaak omdat hy haar oorskot gekook het. Haar organe is in die woestyn begrawe en haar skelet is in die plafon van hulle huis versteek. Florin is aangekeer net voor hy die land wou verlaat met sy twee klein kinders. Hy is lewenslank, wat plaaslik 25 jaar beteken, tronk toe gestuur. In sy stukke sê hy daar is wetgewing sowel as ‘n hooggeregshof uitspraak wat meen hy kon na 16 jaar en agt maande, dus op 22 Augustus 2016, vrygelaat word.