Florida sukkel met Afrika-landslakke

Die departement van landbou in Florida in Amerika het sy inwoners gewaarsku oor die groeiende aantal reuse-Afrika-landslakke. Die departement sê hy is bekommerd oor die uitwerking wat die slakke op die omgewing sal hê aangesien dit ‘n bedreiging vir plantegroei en infrastruktuur inhou. Die departement sê ‘n slak vreet minstens 500 verskillende plante, asook verf en pleister. Owerhede meen die slak het weer in die staat ingekom nadat iemand dit as ‘n troeteldier huis toe gebring het.