Fittest in the Namib-kompetisie laat deelnemers sweet

Die uitslae van die Fittest in the Namib-kompetisie wat oor twee dae in Swakopmund plaasgevind het, is bekend gemaak. Die eerste dag se items is by die Mole aangebied, waarna die aksie verskuif het na die SFC Sportklub se velde. Die mans individuele kompetisie is deur die 17-jarige Mika Pilzer gewen, terwyl Jessica Loftie-Eaton met die louere weggestap het in die vroue individuele kompetisie. Kosmos 94.1 Sportnuus se Francois Lottering het al die besonderhede.