Fishrot-sake na verwagting vandag saamgevoeg

Die Fishrot-beskuldiges se twee sake sal na verwagting vandag saamgevoeg word wanneer die aansoek voor regter Christie Liebenberg voorkom. Die aansoek om die twee sake saam te voeg, word deur die voormalige minister van justisie en Fishrot beskuldigde Sacky Shanghala teengestaan. In die eerste saak is die sewe in hegtenis geneem in November 2019 in verband met die omkoop skandaal van meer as 150 miljoen Namibiese doller in verband met die visvang kwotas vir die Yslandse vismaatskappy Samherji. Die tweede saak hou verband met die misbruik van mag, geldwassery, bedrog en sameswering om korrupsie te pleeg. Die saak hou verband met wanvoorstellings aan die Ontvanger oor Nengomar Pesca Namibië se inkomste wat onderverklaar is.