Fishrot-prokureurs onskuldig

Regter Collins Parker het die skuldigbevinding van twee Suid-Afrikaanse prokureurs, wat Fishrot-beskuldigdes verlede jaar kom verteenwoordig het, ter syde gestel. Die twee, Mike Hellens en Dawie Joubert is op 29 November verlede jaar gearresteer omdat hulle onwettig in die land werksaam was. Volgens Parker kon die twee nie in hegtenis geneem word nie omdat hulle wel wettig in die land was, al was dit op besoekers visums. Die regter het bygevoeg dat immigrasie beamptes eerder net ‘n dagvaardiging vir ‘n hofverskyning kon uitgereik het. Hy sê dit is nie relevant dat Hellens en Joubert skuldig gepleit het in ‘n landdroshof nie omdat hulle arrestasie en aanhouding onwettig was.