Fishrot-lot se borgtogaansoek misluk

Regter Shafimana Uitele het vanmiddag die bortogaansoek van die Fishrot-lot van die hand gewys. Die ses wat vir borgtog aansoek gedoen het sluit in James Hatuikulipi, die voormalige minister Sacky Shanghala, Mike Nghipunya, Pius Mwatelulo, Otneel Shuudifonya en Phillipus Mwapopi in. Die ses mans word saam met vier ander daarvan aangekla dat hulle sowat 317 miljoen Namibiese dollar verduister het, of voordeel daaruit getrek het na ‘n vermeende bedrogspul in verband met visvangkwotas aan die Yslandse vismaatskappy, Samherji. Net hul mede-beskuldigde Ricardo Gustavo, is reeds op borgtog vrygelaat.