Fishrot het in politieke saak ontaard

Tydens die kruisondervraging van Fishrot-beskuldigde en voormalige uitvoerende hoof van Fishcor, Mike Nghipunya, in sy borgtogaansoek, het hy te kenne gegee dat die Swapo-party miljoene Namibiese dollar vir sy politieke veldtogte ontvang het. Staatsaanklaers het aangedui hulle is klaar met sy kruisondervraging. ‘n Politieke analis, dr. Ndumba Kamwanyah, sê die saak het polities van aard geword en hy glo nie Nghipunya se borgtogaansoek sal suksesvol wees nie.