Fishrot-beskuldigde kan N$50 000 borgtog met behulp van vriende betaal

‘n Medebeskuldigde in die Fishrot-saak, Otniel Shuudifonya, het vandag tydens sy borgtogaansoek in die Windhoekse hoërhof gesê hy kan 50 000 Namibiese borgtog met behulp van sy vriende bekostig. Hy het aan Regter Shafimana Ueitele gesê hy sal nie landuit vlug as hy borgtog toegestaan word nie. Shuudifonya het getuig dat hy die enigste broodwinner is en hy het drie klein kinders wat nou deur vriende en familie versorg word. Voor sy inhegtenisneming in verband met 10 miljoen Namibiese dollar wat in sy maatskappy, Saga Seafoods, se rekening inbetaal is, was hy die adjunkdirekteur vir landelike dienste in die Otjozondjupa-streeksraad.