Finland wil by Navo aansluit

Finland is oorgehaal om by die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie, Navo, aan te sluit, ondanks dreigemente deur Rusland. ‘n Besluit in dié verband sal binnekort bekend gemaak word, sê die Finse eerste minister, Sanna Marin. Sy het gesê beide keuses om by Navo aan te sluit of nie, sal gevolge hê. Sy het gesê Finland se verhouding met hul buurland Rusland het onomkeerbaar verander ná die aanval op die Oekraïne, en dit sal baie tyd en werk neem vir vertroue om herstel te word.