Finansiering vir taxi-verenigings in Wes-Kaap opgeskort

Die Wes-Kaapse departement van vervoer het vandag die onmiddelike opskorting van finansiering aan die provinsie se grootste taxi-verenigings aangekondig as ‘n manier om die taxigeweld, wat die afgelope weke weer opgevlam het, te onderdruk. Volgens die LUR Daylin Mitchell kom die besluit ná die provinsie se drie taxi-verenigings – CATA, Codeta en Santaco – weereens nie ‘n ooreenkoms kon bereik om die geweld tot ‘n einde te bring nie. Ons Kaapse korrespondent, Fritz Platt, vertel meer.