Finansiering vir groen-energie nodig

Eskom se bestuurshoof, André de Ruyter, sê in die lig van die onvermydelike wêreldwye verskuiwing na ‘n groen ekonomie, is toegang tot groen finansiering ‘n dryfveer vir herindustrialisering. De Ruyter was een van die sprekers by die Hendrik van der Bijl-gedenklesing wat die Universiteit van Pretoria gister aangebied het. Hy sê Eskom is voortdurend in gesprek met internasionale instellings vir ontwikkelingsfinansiering om ‘n fasiliteit te skep wat regverdige energie-oorgang moontlik sal maak:

De Ruyter sê voorts die gemiddelde ouderdom van Eskom se steenkoolkragstasies, met die uitsondering van Medupi en Kusile, is 41 jaar. Hy sê die kragvoorsiener sal oor die volgende 10 jaar 8 000 tot 12 000 megawatt krag uit steenkool uitfaseer: