Finansiering op grond van omgewingsbeskerming goed vir Nam

Die Afrika Ontwikkelingsbank sal voortaan die finansiering van ontwikkelingsinfrastruktuur alleenlik beskikbaar stel op voorwaarde dat natuurlike hulpbronne beskerm word. Die bronne sluit grond, visserye en woude in. Die nuwe meganisme word môre deur die bank bekend gestel. Die plaaslike ekonoom van Cirrus in die hoofstad Robert McGregor sê die tipe finansiering sal voordelig wees vir Namibië.