Finale hoofstuk van staatskapingverslag vanaand bekend

Die finale hoofstuk van die staatskapingskommissie se verslag word vanaand elektronies vrygestel. Die verslag sou verlede Woensdag aan president Cyril Ramaphosa oorlhandig word. Hy sal dit nou moreaand by die Uniegebou ontvang. Die kommissie sê sekere uitdagings het hom verhoed om die finale verslag op die oorspronklike datum te oorhandig. Hoofregter Raymond Zondo is in April uitstel verleen om die werk af te handel.