FIMA wéér uitgestel

Die Namibiese minister van finansies, Iipumbu Shiimi, sê die Wet op Finansiële Instellings en Markte, bekend as FIMA sal nie meer op 1 Oktober 2022 van krag word nie, soos voorheen aangedui. Hy sê die finalisering en aanneming van FIMA is tot verdere kennisgewing weer uitgestel, hangende konsultasies. Die Namibiese Toesig-owerheid oor Finansiële Instellings, Namfisa, het ook aangekondig dat die omstrede regulasies nie meer op 1 Oktober 2022 in werking sal tree nie. Die regulasies het bepaal dat 75 persent van pensioenfondse nie opgeëis kan word voor die aftree-ouderdom van 55 jaar nie.