Fima-komitee moenie polities nie wees nie – De Klerk

Die Namibiese ministerie van finansies het onlangs ’n tegniese komitee van 20 lede aangestel vir konsultasies oor die regulasies ingevolge die Wet op Finansiële Instellings en Markte, bekend as Fima. Die konsultasies sal die omstrede regulasie oor die behoud van aftreevoordele insluit. Dr. Job Amupanda, leier van die Affirmative Repositioning-beweging, wat aanvanklik deel was van die komitee, het homself uit die komitee onttrek, weens verskeie redes. Eben de Klerk, ‘n navorser by die Vereniging vir Ekonomiese Beleidsnavorsing, gee sy mening oor die komitee aan Kosmos 94.1 Nuus.

 Amupanda is blykbaar genooi as deel van die vakverbond Tucna maar, volgens berigte is hy die deel van Tucna nie en sal vervang word met iemand wat wel deel is daarvan. Amupanda is steeds nie beskikbaar vir kommentaar nie.