Fifa skop Zim, Kenia uit

Fifa het Kenia en Zimbabwe uit internasionale wedstryde verban weens regeringsinmenging. Die sportsministerie van Kenia het die Keniaanse Federasie in November weens beweerde wanaanwending van geld ontbind en ‘n waarnemende komitee aangestel. Die sport- en ontspanningskommissie in Zimbabwe het terselfdertyd die land se sokkerraad vir beweerde bedrog en seksuele teistering van vroue-skeidsregters geskors. Die president van Fifa, Gianni Infantino, sê die twee lande moet die protokol vir hertoelating tot internasionale kompetisies nakom.