Fifa-president veroordeel Westerse mediadekking van Katar

Sokker: Die president van Fifa, Gianni Infantino, het die Westerse media van skynheiligheid beskuldig in sy beriggewing oor die Wêreldbeker en Katar se menseregte-rekord. Die geleentheid word deur die kwessies oorskadu, insluitend die dood van trekarbeiders en die behandeling van LGBTQI-mense. ‘n Passievolle Infantino het op die vooraand van die toernooi Europese nasies aangeraai om verskoning te vra vir dade in hulle eie verlede, eerder as om op migrante werkerskwessies in Katar te fokus. Die gasheer-land speel vanaand in die eerste wedstryd teen Ecuador in Al Khor.