Fietsrybane vir hoofstad

Stad Windhoek gaan vandag begin om fietsrybane in die hoofstad op te rig. Die strate wat fietsrybane gaan kry is Florence Nightingalestraat in Khomasdal, Dr Kuaima Riruakostraat in Dorado Park en in Windhoek-Wes, Andrew Kloppers- en Brahmsstrate. Die projek sal einde Januarie volgende jaar voltooi wees. Axel Theissen, die president van die Namibië Fietsry-federasie, is baie opgewonde oor die projek.