Fietse in Wes-Kaap vir patrollies oorhandig

Die Wes-Kaapse LUR vir vervoer, Daylin Mitchell, het vandag 20 fietse aan die Baptistekerk in Grassypark, Kaapstad, oorhandig. Hy sê dis deel van die departement van vervoer en openbare werke se program ter ondersteuning van die ontwikkeling en instelling van volhoubare vervoerstelsels. Mitchell sê gemeenskapsveiligheidsprogramme in brandpuntgebiede vorm ‘n middelpunt van die program se beginfase.