Fietse en volhoubaarheid

Die verkeersdruk in Windhoek is ‘n groot uitdaging vir motoriste. Om hierdie probleem op te los, het kenners ‘n ander oplossing, fietsry, gevind wat as ‘n opsie beskou word. Die Privaat Padveiligheid Forum en vennote hou ‘n fietsry-bewustheidsrit op Saterdag 25 September in Windhoek, en die tema is “Fietsry na volhoubaarheid”. Die publiek is welkom deel te neem. Horst Heimstädt van die forum het met Kosmos 94.1 Nuus gesels.