Feestyd-veldtog vir padveiligheid geloods

Namibië se gesamentlike nasionale padveiligheidsveldtog, waarby 300 wetstoepassers betrokke is, is amptelik van stapel gestuur. Ali Ipinge, die uitvoerende hoof van die Padfondsadministrasie sê verskerpte padpatrollies en gereelde montering van vaste en mobiele padblokkades op verskeie roetes vorm die kern van die veldtog. Hy het ‘n beroep op die beamptes wat aan die padveiligheidsveldtog deelneem, gedoen om toe te sien dat noodlottige ongelukke voorkom of verminder word om lewens te red. Die Padowerheid, Nampol, die Motorvoertuig-ongelukkefonds, die Nasionale Padveiligheidsraad en die ministerie van werke was by die bekendstelling van die veldtog.