Feestyd-slagting op SA paaie effe minder
Die Suid-Afrikaanse Vervoer-minister, Sindisiwe Chikunga, het onthul daar was gedurende die 2023/2024-feestyd 1 184 noodlottige motorongelukke, wat ‘n afname van 2,3-persent is teenoor die vorige jaar se 1 212 voorvalle. Die afname word toegeskryf aan verskerpte wetstoepassingsoperasies. Die Oos-Kaap het sy geteikende vermindering in sterftes oortref met 18,6-persent. Chikunga het op ‘n nuuskonferensie gesê die feestyd het uitdagings ervaar met swaar reënval en storms, wat tot vermybare ongelukke gelei het, met sommige bestuurders wat nie hul spoed aangepas het nie.