Feedmaster Namibia verduidelik skerp prysstyging van fosfaat

Die wegholprys van fosfaat en ander sleutelvoedingstowwe wat vir lekvervaardiging gebruik word, het die produksiekoste van veeboere aansienlik verhoog. Dit geld vir voedselfosfaat en proteïenvrye stikstof wat byprodukte in lek is. Die drastiese stygings in grondstowwe word toegeskryf aan die Covid-pandemie wat swak wêreldproduksie en beperkte aanbod tot gevolg het. Nasionale bemarkingsbestuurder vir Feedmaster Namibia, Christo du Plessis verduidelik aan Kosmos 94.1 Nuus sommige van die redes wat tot die prysverhoging gelei het.