Federale aanklaers wil Trump van drie misdade aankla
Federale aanklaers in Amerika wat Donald Trump se vermeende pogings om die uitslag van die 2020-verkiesing om te keer ondersoek, het bewyse gevind om die oudpresident van drie misdade aan te kla. Die moontlike misdade is dat hy Amerika bedrieg het, die ontneming van regte onder die dekmantel van wetgewing, en dat hy ingemeng het by ‘n getuie, slagoffer of informant. Die aanklagte is volgens berigte vervat in ‘n brief wat ‘n spesiale regsbeampte, Jack Smith se kantoor aan Trump gestuur het om hom in te lig dat hy die onderwerp van ‘n strafregtelike ondersoek is. Die oudpresident ontken dat hy enige iets verkeerd gedoen het en sê dis ‘n politieke heksejag.