Fed voorspel verlagings, maar wat kan ons verwag?

Jerome Powell, die voorsitter van die Amerikaanse Federale Reserweraad was by die Fed se jaarlikse konferensie in Jackson Hole, Wyoming, van mening dat leningskoste so vroeg as volgende maand kan daal, en sy voornemens duidelik gemaak om verdere afkoeling in die arbeidsmark te voorkom. Hy sê die tydsberekening en die tempo waarteen koersverlagings ingestel sal word, sal afhang van die data wat inkom, die vooruitsigte, en die risiko-balans… Kosmos 94.1 het aangeklop by Suid-Afrikaanse Ekonoom oor goudprys vooruitsigte en die Amerikaanse Dollar.