Fase twee tree vanoggend in werking SA

Eskom sê hy moes noodgedwonge fase twee-beurtkrag van nege-uur vanoggend af tot verdere kennisgewing instel, nadat nog infrastruktuur buite werking geraak het. Die kragvoorsiener het Sondag aangekondig dat hy gedurende die week slegs saans beurtkrag sal instel om weens talle onklaar eenhede noodkrag-reserwes aan te vul. Eskom se woordvoerder, Sikonathi Mantshantsha, sê beurtkrag word slegs as laaste uitweg ingestel: