Fase twee-beurtkrag dalk op kort kennisgewing van krag

Eskom waarsku fase twee-beurtkrag kan dalk oor die volgende drie dae op kort kennisgewing ingestel word tydens die aand-piektydperk van 4-uur in die middag tot middernag. Dit is weens ‘n tekort aan opwekkingsvermoë. Die woordvoerder van Eskom, Sikonathi Mantshantsha sê beurtkrag word net as ‘n laaste uitweg toegepas om die nasionale netwerk te beskerm. Hy vra die publiek om steeds elektrisiteit spaarsaam te gebruik, veral tydens hierdie onsekere tye vir die kragstelsel: