Farmaseutiese aanleg in Durban open ‘n maand ná onluste

Die farmaseutiese maatskappy, Cipla South Africa, se aanleg in Durban het ná ‘n maand se herstelwerk heropen en minstens 500 werknemers kan terugkeer werk toe. Die aanleg is verlede maand geplunder en verwoes toe die onrus in KwaZulu-Natal ‘n hoogtepunt bereik het. Die aanleg is die grootste farmaseutiese aanleg in die land. Dit vervaardig 1,2 miljard lewensreddende tablette per jaar wat antiretrovirale en ander noodsaaklike medisyne teen depressie en angs insluit.