Familie van vermoorde Gabby Petito eis US$50 miljoen van polisie

Die familie van die vermoorde Gabby Petito het ‘n regsgeding teen die polisie in Moab in Utah, Amerika, aanhangig gemaak, omdat haar saak glo nie behoorlike ondersoek en sy nie beskerm is nie. Petito se familie eis 50 miljoen Amerikaanse dollar in skadevergoeding. Petito was 22 toe sy in September 2021 as vermis aangemeld is. Sy het saam met haar verloofde, Brian Laundrie, deur die land gereis. Haar lyk is op 19 September 2021 in die Bridger-Teton-woud in Wyoming gevind. Laundrie is in Oktober 2021 in Florida se Carlton-reservaat dood aangetref nadat hy homself geskiet het. Hy het in ‘n notaboek wat ná sy dood gevind is, beken het hy Petito vermoor.