F1: Mercedes gaan appelleer

Mercedes het sy voorneme bekend gemaak om te appelleer teen Formule Een se besluit om die Abu Dhabi Grand Prix-wedren aan die begin van die laaste ronde oor te begin. Mercedes het twee amptelike klagtes ingedien nadat Max Verstappen van Red Bull vir Lewis Hamilton in die laaste ronde verbygesteek het om die wêreldkampioenskap te wen. Die FIA het albei klagtes van die hand gewys. Mercedes voer aan Artikel 48.12 van die Sportregulasies is oortree toe die wedren weer begin is. Die span het nou 72 uur om te besluit of hy volledig gaan appelleer. Dit sal beteken die kampioenskap word in die FIA se Internasionale Appèlhof beslis.