Europese oorlog is marathon, nie naelloop nie
Verdedigingsministers van Navo-lidlande vergader op die oomblik in Brussel. Die vergadering word gelei deur die Navo sekretaris-generaal, Jens Stoltenberg. Afgevaardigdes het weer hul ondersteuning vir die Oekraïne beklemtoon met die Amerikaanse minister van verdediging Lloyd Austin wat meen die oorlog gaan nog lank duur. Hy beskryf dit as ‘n marathon, nie ‘n naelloop nie.