Europese Kommissie steun Oekraïne se aansoek vir EU-lidmaatskap

Die Europese Kommissie steun Oekraïne se aansoek vir lidmaatskap van die Europese Unie. Maar leiers van die EU-lande sal die finale seggenskap hê by ‘n spitsberaad in Brussels op 23 Junie. Die Oekraïnse President Volodymyr Zelensky, het die aankondiging verwelkom. Die Russiese inval in Oekraïne is gedeeltelik gemotiveer deur die Weste se oenskynlike inbreuk op wat hy sê sy invloedsfeer is. Die president van die Europese Kommissie, Ursula von der Leyen, het die media toegespreek …