Europese burgers word dringend uit Kaboel ontruim

Die Europese Kommissie sê die ontruiming van Europese Unie personeel, burgers en plaaslike personeel wat saam met die unie en lidstate in Afghanistan gewerk het, is ‘n onmiddellike prioriteit. Die unie se kommissaris van Binnelandse Sake, Ylva Johansson, sê die onstabiliteit in Afghanistan sal waarskynlik tot groter migrasie-druk lei, en hulle berei dus vir alle moontlikhede voor. Sy sê hulle het ook die hulp van internasionale organisasies nodig om ontwortelde mense in die land te ondersteun: