Europa beleef ongekende winter-hittegolf

‘n Ongekende winter-hittegolf het temperature die hoogte ingejaag in dele van Europa oor die Nuwejaarsnaweek. Duisende rekord-temperature is van Saterdag tot Maandag op die vasteland gemeet. Op Nuwejaarsdag alleen het minstens sewe lande die warmste Januarie-weer in mense-heugenis beleef. Intussen het die gewoonlik-sneeubedekte Alpe yl en bruin daar uitgesien. Organiseerders van die Wêreld-ski-beker, wat in Switserland gehou word, het besluit om die kompetisie geheel en al op kunsmatige sneeu te hou.