EU wil 70% inwoners einde Julie inent

Die Europese Unie sê hy is op koers vir die lewering van genoeg dosisse om 70 persent van die volwassenes in Europa teen einde Julie te kan inent. Meer as 300 miljoen dosisse Covid-19-entstof sal teen die einde van die week aan lidstate verskaf word. Teen die einde van aanstaande maand word nog 400 miljoen dosisse verwag. Die president van die Europese Unie se kommissie, Ursula von der Leyen, sê nog ‘n onderwerp wat by die Europese Raad bespreek is, is die inenting van minderjariges.