EU werk aan bystand vir Turkye en Sirië

Die Europese Kommissie sê hy werk onverpoosd om ‘n bydrae te lewer tot die reddingspogings in Turkye en Sirië. Koorsagtige pogings is aan die gang om nog oorlewendes te vind terwyl die dodetal reeds op meer as 7 800 staan nadat ‘n aardbewing die twee lande Maandag getref het. Die kommissie se woordvoerder, Balazs Ujvari, sê hulle het deur die Europese Unie se burgerlike beskermingsmeganisme reeds meer as 30 soek-en-redding- en mediese spanne uit 21 lande gestuur om te gaan help: