EU stel mark-herstel-meganisme voor

Die Europese Kommissie het ‘n mark-herstel-meganisme voorgestel. Die doel is om sakeondernemings en huishoudings in die Europese Unie teen buitensporig hoë gaspryse te beskerm. Ná Rusland se inval in Oekraïne en energievoorrade wat as wapen gebruik word, het ongekende stygings in gaspryse reg oor die EU voorgekom. Die voorgestelde instrument bestaan uit ‘n veiligheids-prysbeperking en -maatreëls om ontwrigting in die energie- en finansiële markte te vermy. Die voorstel lei volgens berigte tot groot verdeeldheid onder die 27 lidlande.