EU se sitrusreëls is handelsbeperkend

Die Suid-Afrikaanse landoudepartement sê hy beskou die Europese Kommissie se jongste regulasies op sitrusvrugte as handelsbeperkend en tegnies onregverdigbaar. Die nuwe regulasies vereis invoere van sitrusvrugte moet bepaalde verpligte kouebehandelingsprosesse en vooraf-verkoeling vir voorgeskrewe tye ondergaan. Suid-Afrikaanse sitrusboere verskeep tot soveel as 800 000 ton vrugte per jaar na die Europese streek. Die departement sê die regulasies is gepubliseer terwyl Suid-Afrika steeds in tegniese onderhandelings met die kommissie oor die voorgestelde maatreëls gewikkel is.